Booysens Beertjies Kleuterskool, is ʼn geregistreerde kleuterskool en liefdadigheidsorganisasie, geleë in die weste van Pretoria. Die kleuterskool fokus op vier- tot sesjarige behoeftige kleuters, wie se ouers nie skoolgeld kan bekostig nie. Die skool verleen hulp om hierdie agtergeblewe kleuters skoolgereed te kry. Daar is tans 148 kleuters (50% blank en 50% swart). Huislike omstandighede van meeste van hierdie kleuters is baie swak met ʼn gebrek aan ʼn daaglikse maaltyd. Die skool voorsien daagliks aan elke kleinding ontbyt, vrugte/joghurt en broodjies, asook ʼn gekookte maaltyd 2 dae per week.
Ethan Smit (2) by die glyplank by die Booysens Beertjies-kleuterskool wat sukkel om kop bo water te hou met sowat 140 leerlinge waarvan die meeste se ouers te arm is om skoolgeld te betaal.Foto: Alet Pretorius
Antoinette Pienaar
As sy hulle vra wat hulle die vorige dag geëet het, sê hulle dit was rys of brood ... sonder vleis. Baie ken nie juis botter nie en om op jou verjaardag ’n R1-stuk present te kry vir die skool se snoepie sorg vir groot opwinding, vertel me. Annette van Dyk, hoof van die Booysens Beertjies-kleuterskool in Pretoria-Wes wat sy bes doen om geldelik kop bo water te hou.
This website is protected by copyright and trademark laws under R.S.A and International law.
All Rights Reserved - 2011 Booysens Beertjies - Site designed & maintained by GoDiRECT.CO.ZA